Lugband

Gestapelde en staande motorbande

Sedert die uitvinding van die lugband in 1845 het dit heelwat ontwikkeling ondergaan, nie alleen wat betref die lugbandmateriale nie, maar ook die konstruksie. Tans is daar hoofsaaklik twee groepe bande in gebruik, naamlik kruislaag- en straallaagbande; die verskil is die manier waarop die loopvlak (koord) van die bande gerangskik is.

Die eienskappe van bande word in groot mate deur die profilering van die loopvlak en die lugdruk in die band (banddruk) beïnvloed. Die doel van 'n lugband is om aan 'n voertuig 'n veerkragtige verbinding met die padoppervlak te gee. Die band bestaan uit 'n hol voering (karkas) met 'n loopvlak, en in die holte van die band is gewoonlik 'n binneband wat met lug gevul word.

Deesdae word egter meer gereeld van lugbuitebande (binnebandloos) gebruik gemaak, waarby die rand van die voering lugdig teen die wielvelling sluit, sodat die voeringholte met lug gevul word en 'n binneband dus onnodig is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search